Swellendam Country Hotel
Kom geniet ‘n heerlike naweek saam met twee van Afrikaans se LEGENDES – Gian Groen en Anton Goosen. Twee nagte vir twee persone in ‘n luukse kamer, insluitende ontbyt natuurlik, en aandete met die vertoning by Die Vagebond Saterdagaand, die 10de Augustus vir slegs R2750.00. Genuttig ontbyt Sondagoggend, die 11de Augustus saam met die kunstenaars. Doen gerus navraag oor tariewe vir die familie kothuis of wittebrood suite. Kom kuier saam met ons.
Anton Goosen and Gian Groen in Swellendam for the Bee Festival
Anton Goosen and Gian Groen in Swellendam for the Bee Festival
Schoone Oordt Country House is ‘n intieme hotel in Swellendam, waarskynlik die beste van Swellendam akkommodasie, met 10 luukse kamers gesetel in welige tuine, ‘n intieme Konservatorium restaurant, ‘n sprankelende soutwater swembad en ‘n passie vir mense, familie, kos, wyn en die omgewing. Hier val die klem op ongerepte en pretensielose luuksheid, elegansie, kwaliteit, liefde en akute aandag aan detail en ons streef daarna om dit duidelik te maak in elke aspek van u tyd saam met ons. Ons hoop dit voel asof u met die beste van vriende besoek.
Die gebied rondom Schoone Oordt bied gaste ‘n oorvloed van aktiwiteite. Voetslaanpaaie, perdry-roetes, fietsryroetes, watersport, en besoeke aan die nabygeleë natuurreservate is ‘n moet. ‘n Uitstappie na die De Hoop Natuurreservaat vir seisoenale walviskyk kan nie misgeloop word nie!
No comment